Lorette Pretorius (links) en Wieda de Klerk het die afgelope naweek onderskeidelik die 21,1km Kango-halfmarathon, en die 42,2km Kango-marathon in Oudtshoorn voltooi. Lorette was eerste in die veteraan-afdeling, en die tweede vrou oor die eindstreep vir die halfmarathon met ‘n persoonlike beste tyd van 1 uur 29 minute. Wieda was die tweede vrou om algeheel die marathon te voltooi met ‘n persoonlike beste tyd van 3 uur 2 minute. Albei hardloop in die kleure van Multisport Parys. Foto: Verskaf
Peter Mthubi was tweede in die Phonians halfmarathon wat in Pretoria gehardloop is. Sy tyd was ‘n skitterende 1 uur 8 minute. Foto: Verskaf
Nog ‘n Parysenaar, Hendrik Scheepers het die naweek die Phobians halfmarathon (21,1km) in Pretoria voltooi. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.