NewsNews

Student verstom hy loop nog na ongeluk

“Die hele voorval is nog vars in my geheue. Party dae kan ek nie glo dat ek nog lewe en kan loop nie,”

Frylinck in die hospitaal na sy operasie. FOTO: Threestreamsmedia

“Die hele voorval is nog vars in my geheue. Party dae kan ek nie glo dat ek nog lewe en kan loop nie,”

So vertel Adriaan Frylinck, derdejaar kommunikasie student aan die NWU, nadat hy sy nek gebreek het.

Threestreamsmedia berig dat Frylinck, Sondag (22 Desember) verlede jaar saam met sy familie by ‘n oord langs die Vaal Rivier was. Hy het besluit om te gaan swem, ongelukkig het hy homself met die diepte van die swembad misgis en in die vlakkant ingeduik.

Hy het sy kop gestamp waarna een van sy nekwerwels gebreek het. Hy het nie dadelik besef hoe ernstig hy beseer was nie.

Volgens Threestreamsmedia het hy nog die aand gaan slaap nadat hy medikasie vir die pyn gevat het.

Die volgende oggend het hy baie erger gevoel waarna hy dokter toe gegaan het. Die dokter het hom na Potchefstroom Mediclinic vir x-strale gestuur. Nadat hulle na die x-strale gekyk het, was dokters glo verbaas dat nog kan loop.

X-strale wat wys waar Frylinck se nek gebreek is. FOTO: Threestreamsmedia

“Die feit dat hy nie verlam is nie, is regtig merkwaardig. Op ‘n manier het die werwel wat gebreeek het, nie die senuwees wat daar deur loop geaffekteer nie,” het Nina-Rose Tidy, ‘n senior mediese student by Wits Universiteit gesê.

Frylinck het op oukersdag ‘n operasie gehad om die breek te probeer herstel. Hy het Kersdag in intensiewesorg spandeer en is eers die volgende dag ontslaan.  Volgens hom was dit baie sleg om Kersdag in die hospitaal deur te bring. Hy het 4 Februarie vir ‘n opvolg doktersbesoek gegaan maar die x-strale het gewys dat die been nog nie heeltemal geheg het nie. Hy moet vir ten minste nog twee maande die nekstut dra.

Volgens Threestreamsmedia kan Frylinck ook nog nie bestuur nie omdat selfs al tref hy ‘n slaggat dit al die vordering wat hy tot dusver gemaak het tot niet maak. Sy volgende doktersbesoek is vir 3 Maart geskeduleer.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Student verstom hy loop nog na ongeluk

Related Articles

Back to top button