NewsNews

Groot vloede in Vaal tydens 1996 se skrikkelmaand

Groot vloede in Vaal tydens 1996 se skrikkelmaand

 So glo baie dat daar in skrikkeljare groter tragedies, natuurrampe en nywerheidsongelukke as in ander jare voorkom.Steek daar enige waarheid in?

Kom ons kyk hoe het sake in sommige skrikkeljare verloop:

In 1896 het Japan sy kragtigste tsoenami tot in daardie stadium, beleef. Dit het 27 000 mense se lewens geëis.

In 1908 het ‘n meteoriet die Toengoeskawoud in Rusland getref en 80 miljoen bome met die grond gelyk gemaak. Dit het 185 keer meer energie as die Hiroshima-atoombom uitgesit.

Die Titanic het in 1912 in die Noord-Atlantiese oseaan gesink.

In 1976 het 750 000 mense in ‘n verwoestende aardbewing in China gesterf.

Laagliggende dele van die Vaaldriehoek, veral Vereeniging, het in Februarie van 1996 deurgeloop onder geweldige vloede na ‘n reeks wolkbreuke in die gebied.

Op 26 Desember 2004 het die dodelikste tsoenami in menseheugenis 14 lande in die Ooste getref en 230 000 mense gedood.

Dis baie oortuigend, né? Maar gaan Google gerus die afgelope 100 jaar se skrikkeljare en soek na positiewe dinge wat in daardie jare gebeur het, dan vind jy dat daar baie meer “goeie” as “slegte” gebeurtenisse was!

 

Skrikkeljare in die 1900’s en eerste helfte van die 2000’s

Hierdie jare was skrikkeljare in die vorige eeu: 1904, 1908, 1912, 1916, 1920, 1924, 1928, 1932, 1936, 1940, 1944, 1948, 1952, 1956, 1960, 1964, 1968, 1972, 1976, 1980, 1984, 1988, 1992, 1996.

En hier is die eerste helfte van die 2000’s se skrikkeljare: 2000, 2004, 2008, 2012, 2016, 2020, 2024, 2028, 2032, 2036, 2040, 2044, and 2048.

Het jy geweet die kans om op 29 Februarie gebore te word, is baie gering – net 1 uit 1 461, of .068%. Om op ‘n skrikkeldag gebore te word, is volgens statistici seldsamer as om met 11 vingers gebore te word.

 

Related Articles

Back to top button