![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2020/02/THARINA8_2_0_720428407.jpg)
Van Zyl bly vir eers saam met Tharina Human, die beweerde meesterbrein agter die ontvoering, in aanhouding nadat hul aansoeke om borgtog verlede jaar misluk het.
Riaan Botha, Tharina Human se pa, sê dit is onwaar dat sy dogter swanger is. Foto’s: Christiaan Cloete
Die vierde verdagte, Bofokeng Molemohi, is ook steeds in aanhouding nadat hy verlede jaar sy aansoek om borgtog laat vaar het. Slegs Laetitia
Nel se aansoek om borgtog is verlede jaar toegestaan.
Human se regsverteenwoordiger, David Mey, het Dinsdag vir landdros Khota laat weet dat hy deur die staat meegedeel is dat sekere aspekte rondom die DNA-bewyse steeds uitstaande is. Mey het nie verder daaroor uitgebrei nie, aangesien die saak nog ondersoek word. Volgens die staatsaanklaer, Luanda Ngcobo, word daar steeds vir ’n verhoordatum in die hooggeregshof gewag.
Sy het gevra dat die saak tot 27 Maart uitgestel word. Khota het dit toegestaan.
* Intussen het Human se pa die gerugte dat sy dogter swanger is, besweer. Hy sê hy het sy dogter uitgevra oor dié bewerings waaroor ’n bekende tydskrif onlangs berig het, waarna sy hom laat weet het dat dit nie die waarheid is nie. “Indien dit wel die waarheid was, sou mens dit aan haar lyf gesien het,” sê hy. Human, wat voorheen blonde hare gehad het, het tydens ’n vorige verskyning swartpers hare gehad. Dinsdag was haar hare rooierig.