NewsNews

‘Tharina is nie swanger’ sê pa

‘Tharina is nie swanger’ sê pa

Pieter van Zyl se aansoek om borgtog is verlede jaar in Oktober deur landdros Hussain Khota van die hand gewys. Van Zyl se regsverteenwoordiger, Thabelo Tshitaka, het Dinsdag te kenne gegee dat sy kliënt nou ’n tweede keer wil aansoek doen nadat “nuwe feite” aan die lig gekom het.

Van Zyl bly vir eers saam met Tharina Human, die beweerde meesterbrein agter die ontvoering, in aanhouding nadat hul aansoeke om borgtog verlede jaar misluk het.

Riaan Botha, Tharina Human se pa, sê dit is onwaar dat sy dogter swanger is. Foto’s: Christiaan Cloete

Die vierde verdagte, Bofokeng Molemohi, is ook steeds in aanhouding nadat hy verlede jaar sy aansoek om borgtog laat vaar het. Slegs Laetitia
Nel se aansoek om borgtog is verlede jaar toegestaan.
Human se regsverteenwoordiger, David Mey, het Dinsdag vir landdros Khota laat weet dat hy deur die staat meegedeel is dat sekere aspekte rondom die DNA-bewyse steeds uitstaande is. Mey het nie verder daaroor uitgebrei nie, aangesien die saak nog ondersoek word. Volgens die staatsaanklaer, Luanda Ngcobo, word daar steeds vir ’n verhoordatum in die hooggeregshof gewag.
Sy het gevra dat die saak tot 27 Maart uitgestel word. Khota het dit toegestaan.

* Intussen het Human se pa die gerugte dat sy dogter swanger is, besweer. Hy sê hy het sy dogter uitgevra oor dié bewerings waaroor ’n bekende tydskrif onlangs berig het, waarna sy hom laat weet het dat dit nie die waarheid is nie. “Indien dit wel die waarheid was, sou mens dit aan haar lyf gesien het,” sê hy. Human, wat voorheen blonde hare gehad het, het tydens ’n vorige verskyning swartpers hare gehad. Dinsdag was haar hare rooierig.

‘Tharina is nie swanger’ sê pa

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button