News

Dié soete kaneelverleiding vandag gevier

Korsloos, met skilferkors, in pannekoek, kolwyntjie-pan, kaneel of amandel gegeur – of sommer net so saam met ‘n koppie boeretroos. Die soet kaneelverleiding word  vandag behoorlik gevier deur Suid-Afrikaners met Nasionale Melktert-dag. Tog is melktert nie so eie aan Suid-Afrika soos wat Suid-Afrikaners graag wil glo nie Baie ander lande het soortgelyke weergawes. Die Spanjaarde …

Korsloos, met skilferkors, in pannekoek, kolwyntjie-pan, kaneel of amandel gegeur – of sommer net so saam met ‘n koppie boeretroos.

Die soet kaneelverleiding word  vandag behoorlik gevier deur Suid-Afrikaners met Nasionale Melktert-dag.

Tog is melktert nie so eie aan Suid-Afrika soos wat Suid-Afrikaners graag wil glo nie Baie ander lande het soortgelyke weergawes.

Die Spanjaarde geniet hul eier-vla. Die Portugese smul aan vla-tertjies, die Franse kookkuns het sy eie variasie van Gateau Basque, Mille Feuille en meer, terwyl selfs die Jode-tert wat Suid-Afrikaners goed ken, se vulsel ook herinner aan die tradisionele melkert.

Eintlik is dié lekkerny al van die Middeleeue bekend toe daar in kloosters amandelpap gemaak is van amandelmelk wat met gemmer en kaneel gegeur is.

Die amandelpap het later plek gemaak vir eier-vla in al wat kors is gebak.

Die gebruik om suiker oor geregte te sprinkel, kom ook uit die middeleeue.

Maar of jy nou broskors of ‘n skilferkors gebruik, of  kortpad kies met korsloos,  geur met amandel, kaneel of naartjie – melktert in watter variasie bly ‘n wenner.

Sny daarom die skywe maar rojaal vandag, want dit is immers Nasionale Melktertdag!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button