News

Inwoners maak self reg en netjies

Inwoners maak self reg en netjies

Die afgelope week het inwoners in verskeie dele van die dorp ingespring om self reg te maak en netjies te maak.


Inwoners van Heapstraat het verlede week gras gesny en rommel verwyder in die parkgedeelte by die ingang van die dorp vanaf Sasolburg-kant tussen die R59 en Heapstraat, en is daar selfs geld ingesamel om hier slaggate te herstel.
Ook op die rivieroewer langs Grewarlaan help inwoners om hier die omgewing netjies te hou, en is selfs die houtpaaltjies geverf.

Die Rotariƫrs is ook steeds besig om slaggate in die dorp te herstel. Hulle het die afgelope week onder meer by die Checkers-sentrum gewerk.

 

Related Articles

Back to top button