News

Emerald se rustige pad in resiesbaan omskep – hier kom ‘n ding!

Emerald se rustige pad in resiesbaan omskep – hier kom ‘n ding!

Dié sporthoogtepunt sou reeds verlede jaar plaasgevind het, maar is tot 2020 uitgestel en nou het die tyd uiteindelik aangebreek.  Die voorheen rustige en gewilde pad wat deur die Emerald Resort & Casino se gronde loop, amper van voor die hotel in die rigting van die Animal World, is reeds besig om in ‘n resiesbaan omskep te word. Die wedrenne sal op dié 1,6km teerbaan plaasvind. Daar sal 12 klasse wees waarin meegeding sal word en besoekers sal die aksie van naby kan aanskou. Die “pit” areas sal ook oop wees vir toeskouers.

Die wedren word deur Messe Frankfurt Suid-Afrika aangebied en R500 000 se pryse en R50 000 vir die wenner van die “Master of the Mile” is op die spel. Daar sal 120 deelnemers in hulle super-wedrenmotors in aksie wees en dit beteken net een ding … moenie hierdie aksie misloop nie.

Behalwe vir die al die aksie op die baan sal daar ook baie vermaak langs die baan wees, soos ‘n motorskou en vermaak vir die hele gesin. Daar is verskeie kaartjies vir die naweek beskikbaar wat begin van R20 vir kinders onder 12 tot R250 vir al drie dae.

Besoek gerus https://tickets.computicket.com/event/emerald_speed_fest/7098320/7098346/13628.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button