NewsNews

Vaal het voorheen met grootste kragsentrale gespog

Vaal het voorheen met grootste kragsentrale gespog

Die Klip-kragsentrale was eens die grootse steenkool-na-stoom- kragsentrale in die Suidelike Halfrond. Foto’s: Verskaf

Bitter min het vandag oorgebly van die Kliprivierkragsentrale wat eens oorkant die Redan-spoorwegstasie, langs die Kliprivier, 7 km noordoos van Vereeniging en vlak langs die huidige R59-deurpad getroon het.

Die kragsentrale is in 1987 gesloop.

Die kragsentrale was feitlik teenaan die Springfield Steenkoolmyn geleë en soos die destydse Vereenigingse kragsentrale is steenkool vanaf ’n ondergrondse myn direk aan die kragstasie gelewer. Die kragsentrale se ontstaan was te danke aan ’n verhoogde vraag aan krag nadat Suid-Afrika gedurende die wêreldwye depressie van die Dertigerjare van die Goudstandaard af gestap het en die prys van goud gevolglik skerp gestyg het. Dit het ongekende ekonomiese groei vir die land tot gevolg gehad. Die destydse Evkom (Eskom se voorganger) het toe in 1933 inderhaas nog kragsentrales laat aanbou om in die verhoogde vraag na krag te voorsien. Die eerste opwekkingsturbine van die Klip-kragsentrale is in Maart 1936 aangeskakel, en die laaste een in Julie 1940. Die twaalf 33 megawatt-turbines en die vier 7 megawatt-eenhede het ‘n gesamentlike 425 megawatt gelewer.

Die die sirkelvormige dorpie is in ’n aftreeoord
omskep.

Die kragstasie is in 1986 amptelik gesluit nadat die vraag na krag drasties gedaal het en ouer en minder effektiewe aanlegte soos die Klip-kragsentrale nie meer nodig was nie. Die kragsentrale is in 1987 gesloop maar die sirkelvormige dorpie wat werkers gehuisves het, is in ‘n aftreeoord vir Eskomwerkers omskep. Bron: Christof Greyling se skrywe ‘Wat het van SA se Grootste Kragsentrale geword?’ op https://eensgesind. com

Vaal het voorheen met grootste kragsentrale gespog

Related Articles

Back to top button