News

Blikkie vir ’n boer – kom jy saamkuier?

Blikkie vir ’n boer - kom jy saamkuier?

Parys hou weer Blikkiesfees, maar dié keer met ‘n verskil. Die tema is: “‘n Blikkie vir ‘n Boer!” Alle blikkies nie-bederfbare voedsel wat met die projek ingesamel word, sal versprei word na boere in van die ergste droogtegeteisterde gebiede in ons land. Vanjaar se Blikkiesfees word op 29 Februarie van 09:00 tot 18:00 op die kerkterrein van die Hervormde Kerk, Parys (h/v Loop- en Paulsenstraat), gehou.
Die toegang is R20 vir volwassenes plus ‘n blikkie nie-bederfbare kos, terwyl kinders gratis ingaan en net ‘n blikkie met kos moet saambring. Vanjaar word motorfietsklubs ook by die dag betrek en sal daar ‘n bywonings lapelwapen te koop wees by die hek teen R10. Kunstenaars wat sal optree sluit in Adam Tas, Manie Jackson, Tinus Venter, die Magalies Boereorkes asook Chrissie Rossouw en Reinhardt Venter. Kom smul aan heerlike basaarkos en daar sal ook ‘n biertuin op die terrein wees vir die dorstige kele.
Jy kan ook aan die Mnr. Boepens-kompetisie deelneem. Inkrywingsgeld is R20.
Of kom staan ‘n kans om ‘n vakansie midweek by Ukweza, Marlothpark te wen. Koop jou kaartjie teen R50 per kaartjie. Die trekking sal by die fees gedoen word. Belangstellende borge vir die fees is welkom om Gerhard by 082 436 0501, of Hester by 084 516 9447 te skakel. Blikkies nie-bederfbare kos kan op Dinsdae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00 by die Hervormde Kerk in Parys afgelewer word, of skakel die kerkkantoor by (056) 822 5026. Blikkies kan ook na Schwims Apteek geneem word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button