News

Kyk na jou geldsake voor jy in die huwelik tree

Kyk na jou geldskae voor jy in die huwelik tree

Jy het al die ring gekies, datum vasgestel en jou gaste uitgenooi. Maar het jy aan alles gedink?

Ongeag jou ouderdom of die tipe troue wat jy op besluit het, is daar belangrike geldsake wat jy in ag moet neem voor jy in die huwelik tree.

Eerste huwelike
Kies die regte huwelikskontrak
Die lewe is gewoonlik maanskyn en rose vir diegene wie kies om na die kansel te stap met die liefde
van hulle lewe. In die algemeen  trou meeste Suid-Afrikaners eers in hulle vroeë tot middel dertigs, en
dis heel moontlik dat hulle al bates, soos eiendom en voertuie het, asook al skuld aangegaan het
wanneer hulle na die kansel stap. “Dit is baie belangrik dat jy die regte huwelikskontrak kies voor jy
sê, ‘Ja’, om toekomstige finansiële komplikasies wat jou huwelik kan affekteer, te vermy.” sê CEO van
Capital Legacy, Alex Simeonides. “En, moenie vergeet om jou Testament op datum te bring om hierdie
lewensveranderinde mylpaal in ag te neem.”
Wees versigtig: As jy binne gemeenskap van goedere getroud is, kan jy net 50% van julle gesamentlike
Boedel aan iemand van jou keuse laat wanneer jy sterf. Jou gade kan kies wat gebeur met die ander
helfte van julle Boedel – hulle deel. Dink daaraan om ‘n huweliksvoorwaardekontrak te teken, want
dan behou albei eggenote hulle eie bates.

Tweede keer gelukkig
Neem die unieke behoeftes van vermengde gesinne in ag. Tweede huwelike word al hoe meer algemeen, maar ‘n eenvoudige wysiging aan jou testament laat
verdwyn nie die finansiële verpligtinge van jou vorige huwelik nie.
“Vermengde gesinne kan ‘n hele klomp finansiële kompleksiteite veroorsaak”, sê Simeonides.
“Effektiewe Boedelsbeplanning en wysigings aan jou Testament beteken dat jy kan verseker dat enige
minderjarige kinders van ‘n vorige huwelik ondersteun word, asook versorg dat jou huidige eggenoot
en familie versorg en ondersteun word.”
Wees versigtig: Maak gebruik van ‘n finansiële tussenganger om te verseker dat jy deur effektiewe
Boedelsbeplanning ‘n erfenis agterlaat vir jou familie.

Tradisionele Huwelike
Beskerm jou regte
Baie Suid-Afrikaners verkies om hulle kultuur te vereer deur tradisioneel te trou. Dit beteken nie dat
jy finansieel hoef  te verloor nie. Wanneer albei die makoti en mkhwenyana se families die lobola
onderhandelinge afgehandel het, is jy amptelik getroud. Baie Suid-Afrikaners is nie bewus dat ‘n
geregistreerde tradisionele huwelik outomaties beskou word as getroud ‘binne gemeenskap van
goedere’ en elke eggenoot is geregtig tot helfte van die gesamentlike boedel – albei se bates en skuld.
Wees versigtig: As jy in ‘n huweliksvoorwaardekontrak wil tree, sal jy dit moet oorweeg om die
kontrak gedurende die finaliserings seremonie te onderteken, om jou boedel te beskerm en ‘n eis teen
jou boedel te verhoed sou een van julle afsterf.
Feit: ‘n Huweliksvoorwaardekontrak moet deur ‘n Notaris, voor die troue, opgestel word en moet
binne drie maande geregistreer word in die Registrasie van Akte

Related Articles

Back to top button