NewsNews

In huis geskiet voor hy kon emigreer

In huis geskiet voor hy kon emigreer

Die 54-jarige George Spalding van Rustenburg word in die intensiewe sorgeenheid van die provinsiale hospitaal in Rustenburg behandel, nadat hy na wat verneem kan word sowat vier keer Donderdagoggend (tussen 03:00 en 04:00) geskiet is.

Die inbreker het toegang tot die huis gekry deur ‘n venster te breek en die diefwering oop te buig. Na hy geskiet is het George in sy motor geklim en straat toe gery. Hy het op die toeter van sy motor gelê maar niemand in die woonbuurt het uitkom nie. Hy was genoodsaak om etlike kilometers na vriende te ry waar hulle hom gehelp en hospitaal toe geneem het.

https://vaalweekblad.com/56780/huis-geskiet-voor-hy-kon-emigreer/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button