News

Gee die geskenk van lewe dié Valentynsdag

Vier Valentynsdag met SANBD in Parys

Februarie is die maand van liefde wat jaarliks op ʼn romantiese manier deur mense gedeel word.

 

Juis daarom doen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ‘n beroep op bloedskenkers om ook in hierdie week met die viering van Valentynsdag die geskenk van lewe te gee.

Alle bloedgroepe is baie belangrik maar Groep O  is die bloedgroep waarvan die meeste voorraad nodig is.. Dit is omdat die aanvraag na dié groep baie hoër is en omdat dit vir pasiënte van alle ander bloedgroepe gebruik kan word.

Om ‘n bloedskenker te word moet jy:

  • Minstens 50kg weeg
  • Tussen die ouderdomme van 16 en 75 wees
  • ʼn Veilige leefstyl lei

Skenk bloed by die Valentynsdag bloedskenk kliniek in Parys op Dinsdag 11 Februarie 2020 by die Hervormde Kerksaal in Parys.

3 gelukkige paartjies staan ‘n kans om pryse te wen van Jimmy Jaggers Bar & Grill, Egweni River Lodge en O’s Restaurant.

Elke bloedskenker sal  ook ‘n SANBD geskenk ontvang en sal aan die gelukkige trekking deelneem.

Help die Bloeddiens om 150 eenhede bloed in te samel wat meer as 400 lewens kan red.

Onthou ook dat die Bloeddiens  ʼn spesiale geskenk  vir skenkers gee wat vier eenhede bloed in ʼn kalender-jaar skenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button