News

Gee die geskenk van lewe dié Valentynsdag

Vier Valentynsdag met SANBD in Parys

Februarie is die maand van liefde wat jaarliks op ʼn romantiese manier deur mense gedeel word.

 

Juis daarom doen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ‘n beroep op bloedskenkers om ook in hierdie week met die viering van Valentynsdag die geskenk van lewe te gee.

Alle bloedgroepe is baie belangrik maar Groep O  is die bloedgroep waarvan die meeste voorraad nodig is.. Dit is omdat die aanvraag na dié groep baie hoër is en omdat dit vir pasiënte van alle ander bloedgroepe gebruik kan word.

Om ‘n bloedskenker te word moet jy:

  • Minstens 50kg weeg
  • Tussen die ouderdomme van 16 en 75 wees
  • ʼn Veilige leefstyl lei

Skenk bloed by die Valentynsdag bloedskenk kliniek in Parys op Dinsdag 11 Februarie 2020 by die Hervormde Kerksaal in Parys.

3 gelukkige paartjies staan ‘n kans om pryse te wen van Jimmy Jaggers Bar & Grill, Egweni River Lodge en O’s Restaurant.

Elke bloedskenker sal  ook ‘n SANBD geskenk ontvang en sal aan die gelukkige trekking deelneem.

Help die Bloeddiens om 150 eenhede bloed in te samel wat meer as 400 lewens kan red.

Onthou ook dat die Bloeddiens  ʼn spesiale geskenk  vir skenkers gee wat vier eenhede bloed in ʼn kalender-jaar skenk.

Related Articles

Back to top button