
Aardklop nooi alle plaaslike mediavennote en belangegroepe (feesgangers, borge, stalletjiehouers, kunstenaars ens.) na ‘n inligtingsessie oor vanjaar se fees.
Die vergadering sal op Donderdag, 13 Februarie van 17:30-18:30 by die Elgro Hotel in Potchefstroom plaasvind. Na die inligtingsessie is daar geleentheid om vrae aan die feesbestuur te rig.
Aardklop vind vanjaar van 23-28 September in Potchefstroom plaas. Vir meer inligting besoek www.aardklop.co.za of volg Aardklop Nasionale Kunstefees op Facebook.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



