Mulder lê klem daarop in sy persvrystelling dat “wanadministrasie en korrupsie op alle vlakke in Suid-Afrika uitgeroei moet word”.
Dit is eger kommerwekkende dat die departement van justisie, dit waarvoor hy staan en eintlik ‘n voorbeeld van geregtigheid moet wees, nou ondersoek moet word. Dit is ook waar talle kwesbare mense se boedels hanteer word.
“Die totale sluiting van al die kantore van die meester kan regsimplikasies inhou. Die VF Plus verwelkom die ondersoek, maar betwyfel of dit nodig is om die totale werksaamhede van dié krities belangrike kantoor en sy rol tot stilstand te dwing.”
Die minister van justisie, mnr. Ronald Lamola, moes vroeër reeds ‘n ondersoek geloods het om te verhinder dat die omvang van korrupsie tot op hierdie vlak vorder,” sluit Mulder se verklaring af.




