NewsNews

Borgaansoek vandag gehoor na Koepel-arrestasie

Borgaansoek vandag gehoor na Koepel-arrestasie

Die ses verdagtes wat in Januarie vanjaar in hegtenis geneem is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sal vandag, Donderdag 6 Februarie, weer in die hof in Vredefort verskyn vir ‘n formele borgaansoek. Die ses, tussen die ouderdom van 26 en 34 jaar, is gearresteer nadat boere, lede van die Vredefort Koepel Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) en die polisie danksy skitterende samewerking, ‘n beplande plaasaanval op die Rademan-egpaar van die plaas Goedgedacht langs die S717 in die Koepel kon afweer. Dit nadat Vredefort Koepel GPF inligting gekry het van die moontlike aanval/roof op Pieter en Erna Rademan en ‘n verdagte rooi Polo en wit Toyota bakkie met Gauteng-registrasienommers toe opgemerk is. Die verdagte voertuie het by ’n padblokkade probeer omdraai en wegjaag, waarna die mans gearresteer en beslag op drie vuurwapens en die twee voertuie gelê is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button