NewsNews

Adam Tas en ander by Blikkiesfees

Blikkies nie-bederfbare kos kan nou reeds op Dinsdae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00 afgelewer word by die Hervormde Kerk in Parys, of skakel die kerkkantoor by (056) 822 5026. Blikkies kan ook in die houer by Schwims Apteek geplaas word. 

Liezl Scheepers
Parys hou weer Blikkiesfees, maar dié keer met ‘n verskil. Die tema is, “‘n Blikkie vir ‘n Boer!”
“Ons is vreeslik opgewonde om ons deel te doen vir ‘n bydrae waar die nood druk,” sê die organiseerders.
“Selfs motorfietsklubs word vanjaar betrek in samewerking met Sakkie Gelderblom vir ‘n ‘blikkie run’”.
Die plan is om ‘n blikkie-piramide te bou om ‘n nuwe rekord op te stel vir die meeste blikkies nie-bederfbare voedsel.
Die blikkies sal versprei word na boere in van die ergste droogtegeteisterde gebiede in ons land.
Maak seker jy’s daar op 29 Februarie van 09:00 tot 18:00 op die kerkterrein van die Hervormde Kerk, Parys (h/v Loop- en Paulsenstraat).
Die toegang is R20 vir volwassenes plus ‘n blikkie nie-bederfbare kos, terwyl kinders gratis ingaan en net ‘n blikkie kos moet saambring. Daar sal ook ‘n bywonings lapelwapen te koop wees by die hek teen R10.
Kunstenaars wat sal optree sluit in Adam Tas, Manie Jackson, Tinus Venter, die Magalies Boere-orkes asook Chrissie Rossouw, en Reinhardt Venter. Kom smul aan heerlike basaarkos en daar sal ‘n biertuin op die terrein wees vir die dorstige kele.
Jy kan ook deelneem aan die Mnr. Boepens-kompetisie. Inkrywingsgeld is R20.
Of staan ‘n kans om ‘n vakansie midweek by Ukweza, Marlothpark te wen. Koop jou kaartjie teen R50 per kaartjie. Die trekking sal by die fees gedoen word.
Belangstellende borge en besighede wat ‘n bydrae wil lewer tot die dag is welkom om Gerhard by 082 436 0501, of Hester by 084 516 9447 te skakel.
Kunsmark stalletjies is beskikbaar en belangstellendes kan Alta skakel by 082 065 9649 vir meer inligting.
Blikkies nie-bederfbare kos kan nou reeds op Dinsdae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00 afgelewer word by die Hervormde Kerk in Parys, of skakel die kerkkantoor by (056) 822 5026. Blikkies kan ook in die houer by Schwims Apteek geplaas word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button