Vyf mans wat hulle voorgedoen het as transito geldvervoer wagte, het ‘n Pick ‘n Pay winkel by die New Redruth Village inkopiesentrum in Alberton beroof
In ‘n video wat deur ‘n Twitter-gebruiker gedeel is, kan gesien word hoe twee mans in sekuriteitswaguniforms met die Sassa-geld wat geroof is vlug in ‘n wit Volkswagen Caravelle voertuig met getinte ruite.