News

Blikkie-hupstoot vir boere in nood

Parysenaars maak hul harte oop vir boere-nood

Die sangpaar Francois en Elizabeth Fourie het Sondagaand ‘n lofsangdiens by die NG gemeente Parys-Wes gehou ten bate van  boere in nood in van die ergste droogtegeteisterde gebiede in ons land.

Daar was ‘n oproep tot die gemeenskap van Parys om ‘n nie-bederfbare blikkie kos saam te bring die aand en die reaksie was oorweldigend.

Dankie aan Francois en Elizabeth, Willem Viviers (Battery Center) vir die kragopwekker (natuurlik agv. die beurtkrag!) en Coenraad de Jager (Aqua Win) vir die water wat geskenk is! Almal het na die diens ‘n botteltjie water gekry om die kosbaarheid van water te beklemtoon.

Dankie ook aan almal wat betrokke was en ‘n bydrae gegee het

Related Articles

Back to top button