Elsje Vermeulen van Vaalweekblad berig:
Die 51-jarige man is met ‘n serp verwurg en sy privaatdele met ‘n skerp voorwerp gesny. Die 61-jarige vrou het harsingskudding opgedoen en haar oortrommel het ook glo gebars. Dit wil voorkom of albei erg geslaan en geskop was.
Die vroue het na die aanval tot by die plaaspad gestap om hulp te ontbied. Die man is in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem.
Behalwe vir die man se houtwerktoerustig en hul selfone, is die paartjie van hul laaste bietjie kontant (sowat R300) beroof.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike artikel: https://vaalweekblad.com/56351/paartjie-erg-aangerand-van-laaste-r300-beroof/


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



