NewsNews

Hoof geskors na Parktown-tragedie

Die  skoolhoof van Parktown Boys High School is geskors. So ook die amptenare wat die skool se aansoek vir die 3 dae oriënteringskamp vir graad 8 leerlinge moes assesseer by die onderwysdepartement se distrikskantoor en glo nie die skool ingelig het van hoe die asseseringsproses vorder nie. Lesufi het die  skorsings aangekondig tydens ‘n nuuskonferensie …

Die  skoolhoof van Parktown Boys High School is geskors. So ook die amptenare wat die skool se aansoek vir die 3 dae oriënteringskamp vir graad 8 leerlinge moes assesseer by die onderwysdepartement se distrikskantoor en glo nie die skool ingelig het van hoe die asseseringsproses vorder nie.

Lesufi het die  skorsings aangekondig tydens ‘n nuuskonferensie vandag, Vrydag 24 Januarie, in Johannesburg, waar die Gautengse LUR vir Onderwys verduidelik het dat die skorsing gedoen word sodat die onafhanklike ondersoek na die dood van die 13-jarige Enock Mpianzai, ‘n leerling van Parktown Boys High, sonder “steurings” voltooi kan word.

Enock se liggaam is verlede week gekry nadat hy in die Krokodilrivier verdrink het by die Nyati-Oord buite Brits  waar die skool se graad 8’s se oriëteringskamp gehou is.

Lesufi het  gesê dat sy departement nie goedkeuring gegee het vir die kamp nie, hoewel die skool aansoek gedoen het by die onderwysdepartement se distrikskantoor.  (Bron: Netwerk24)

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button