NewsNews

Hoof geskors na Parktown-tragedie

Die  skoolhoof van Parktown Boys High School is geskors. So ook die amptenare wat die skool se aansoek vir die 3 dae oriënteringskamp vir graad 8 leerlinge moes assesseer by die onderwysdepartement se distrikskantoor en glo nie die skool ingelig het van hoe die asseseringsproses vorder nie. Lesufi het die  skorsings aangekondig tydens ‘n nuuskonferensie …

Die  skoolhoof van Parktown Boys High School is geskors. So ook die amptenare wat die skool se aansoek vir die 3 dae oriënteringskamp vir graad 8 leerlinge moes assesseer by die onderwysdepartement se distrikskantoor en glo nie die skool ingelig het van hoe die asseseringsproses vorder nie.

Lesufi het die  skorsings aangekondig tydens ‘n nuuskonferensie vandag, Vrydag 24 Januarie, in Johannesburg, waar die Gautengse LUR vir Onderwys verduidelik het dat die skorsing gedoen word sodat die onafhanklike ondersoek na die dood van die 13-jarige Enock Mpianzai, ‘n leerling van Parktown Boys High, sonder “steurings” voltooi kan word.

Enock se liggaam is verlede week gekry nadat hy in die Krokodilrivier verdrink het by die Nyati-Oord buite Brits  waar die skool se graad 8’s se oriëteringskamp gehou is.

Lesufi het  gesê dat sy departement nie goedkeuring gegee het vir die kamp nie, hoewel die skool aansoek gedoen het by die onderwysdepartement se distrikskantoor.  (Bron: Netwerk24)

 

 

Related Articles

Back to top button