News

Nog ‘n DBV-tak sluit

Die sluiting van die Matlosana DBV-tak in Klerksdorp is Donderdag in ‘n mediaverklaring deur die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsverenigings (NDBV) bevestig. Dit nadat daar al jare lank probeer is om die Matlosana-tak te laat herleef, maar die gebrek aan finansies en ‘n konsekwente bestuurskomitee uiteindelik die voortbestaan van die tak gekniehalter het. Die NDBV …

Die sluiting van die Matlosana DBV-tak in Klerksdorp is Donderdag in ‘n mediaverklaring deur die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsverenigings (NDBV) bevestig. Dit nadat daar al jare lank probeer is om die Matlosana-tak te laat herleef, maar die gebrek aan finansies en ‘n konsekwente bestuurskomitee uiteindelik die voortbestaan van die tak gekniehalter het. Die NDBV self sê dat daar ‘n gebrek aan ondersteuning van die gemeenskap was vir die tak.

Die voortbestaan van ‘n DBV lê juis in die hande van ‘n gemeenskap wat hande moet vat om die organisasie se hande te sterk.

Daarvan kon die Parys DBV weer oor  Desember getuig toe 3 vriendinne, almal groot diereliefhebbers, en ‘n bobaas bakster, op die vooraand van Kersfees gesorg het dat daar ook voorsien word in die nood van die plaaslike DBV wat naas die goedhartigheid van die publiek geen ander inkomste het om ‘n waardevolle diens te kan lewer vir die gemeenskap van Parys.

‘n Vrugtekoek is gebak en geskenk aan die DBV en in net meer as ‘n week blitsig lootjies verkoop ten bate van die DBV. Die eindresultaat – ‘n hele R4 000 wat vir die Parys DBV ingesamel is,

Dit is pogings soos hierdie, die talle vrywilligers wat op verskillende maniere uitreik na die DBV, mense wat met oop harte gee, ons skole. Dit is die mense van Parys wat van die plaaslike DBV ‘n sukses maak.

Dankie vir elkeen wat so getrou help om die plaaslike DBV-tak se deure oop te hou waar daar met baie liefde omgesien word na die diere wat hier versorg word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button