News

Bejaardes dra self by om teervoos pad te herstel

Bejaardes dra self by om teervoos pad te herstel

Inwoners van die AM Oosthuizen Tehuis vir Bejaardes (Amot), het moeg geword om hulle te skaam vir die toestand van Tweedelaan, veral by die ingang van die tehuis waar meer gat as pad is.

Hardus Engelbrecht, wie se ma ‘n inwoner van die tehuis is, het Parys Rotary gekontak vir hulp, en het die inwoners, wie almal pensionarisse is, toe self ingespring en geld bymekaar gemaak vir 27 sakke teer.
Parys Rotary, het met die hulp van Hardus, Louis Janse van Rensburg, en Ferdi van der Westhuizen, Dinsdagoggend begin met die werk.

John Radebe het ook sy kant gebring om te help. 

 

Die 27 sakke is egter nie genoeg om die pad tot by die kruising met Grensstraat te herstel nie, en enige donasies sal verwelkom word – ‘n uitdaging vir ander inwoners.

Parys Gazette het vroeër al berig van die groot werk wat Rotary in die dorp gedoen het om slaggate te herstel veral ook in die omgewing van die hangbrug. Indien mense betrokke wil raak of skenkings wil gee, kan Louis gekontak word, deur WhatsApp of Messenger by 082 372 6988.

Related Articles

Back to top button