NewsNews

Motorbattery-diefstal steek oral kop uit

Motorbatterye en hekmotors geteiken

Die diefstal van motorbatterye  en hekmotors steek oral kop uit.
In Parys is verskeie voorvalle al sedert verlede jaar gerapporteer.
Wat meer is, is dat motorbatterye oor Desember  selfs uit geparkeerde motors in motorhuise gevat is.
Volgens die polisie in Carletonville word soortgelyke voorvalle ook in die dorp aangemeld, berig Carletonville Herald.
Maak seker dat jy altyd diefstal by die polisie rapporteer. Onthou dat dit die polisie help om misdaadtendense te bepaal en patrollies op te skerp veral in gebiede waar daar ‘n skielike vlaag van misdaad sou wees.

 

Related Articles

Back to top button