NewsNews

Twee gewond in wilde skietery

Twee gewond in wilde skietery

Ettienne van Rensburg, Sport Editor Vaalweekblad & Editor Ster South writes:

Flink optrede deur die Sedibeng Blitspatrollie het tot die arrestasie van drie verdagtes gelei. ‘n Vierde verdagte het te voet gevlug. Die rowers het ‘n besigheid in Georgestraat beroof. Die verdagtes het daarna in ‘n poeierblou Toyota Conquest gevlug en is deur lede van die blitspatrollie wat in die omgewing was, tot in Senator Markslaan agtervolg, waarna die rowers op die polisie losgebrand het. Konstabels Leonard Netshituni, Lebohang Thotsejane en William Sombane is nie in die skietery beseer nie.
Volgens die polisieverslag was Netshituni- hulle besig om ‘n verdagte voertuig in Georgestraat te deursoek toe ‘n winkeleienaar na hulle aangehardloop gekom het met die nuus dat sy pas beroof is.
Die blitspatrollie het die voertuig tot in Senator Markslaan agtervolg, waarna die verdagtes uit die bewegende voertuig gespring en begin skiet
het. Gesteelde goedere en ‘n 9mm Star pistool is op die toneel gevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button