NewsNews

Selfverdediging – jy kan dit bemeester

Selfverdediging – jy kan dit bemeester

Of jy oud en krom, jonk en soepel, of lanklaas geoefen het. Jy kwalifiseer beslis.
Solank jy bereid is om te leer, vir drie maande kan vasbyt, en jou geesdrif saambring vir ‘n nuwe uitdaging. Parysenaars het nou weer die geleentheid om in te skryf vir die selfverdedigingskursus wat vanjaar vir die tiende jaar  deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn as liefdadigheidsprojek vir die gemeenskap van Parys aangebied word..

Dié twee glo dat selfverdediging veral vandag van groot belang is, want misdaad het ‘n realiteit geword.

Die eerste kursus vir 2020 begin 5 Februarie en kan Parysenaars die kursus plaaslik bywoon in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos, h/v Loop- en Paulsenstraat. Kom leer eenvoudige selfverdedigingstegnieke of kom stof net weer jou kennis bietjie af. Al onthou jy net ‘n paar basiese begrippe, het jy reeds ‘n voorsprong. Dit is nie moeilik nie, en verg nie besondere fiksheid nie.

Klasse is een keer per week op ‘n Woensdag tussen 18:00 en 19:00 vir die duur van die drie maande kursus. ‘n Eenmalige fooi van R200 word gevra en jy ontvang ‘n sertifikaat (moet minstens 80% klasbywoning hê)
Mans, vrouens en kinders kan die kursus bywoon.

Maak gebruik van die geleentheid. Vir meer inligting skakel Sonja by 082 327 4250, of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button