NewsNews

Mediese spesialis keelvol vir gate!

Mediese spesialis keelvol vir gate!

Vanessa van der Westzhuizen van Potchefstroom Herald berig:

‘n Oor-neus- en-keel spesialis van Potchefstroom, dr. Johan Tiedt, het Donderdag (16 Januarie) besluit hy gaan sélf die gevaarlike gate in Albert Luthuliweg vul nadat groot dele in die besige hoofweg na die reën beskadig is. Sy mediese praktyk en huis is net langs dié pad geleë.

Hy het man alleen met ‘n pik die gate oopgekap en al die oortollige teer verwyder. Daarna het hy dit met bakstene gevul en ‘n mengsel van sand en sement ingevee sodat dit stewig vas is. En dit nogal in sy strikdas!

“Die munisipaliteit is treurig!”, sê hy boos. “Ek en my vrou kan in die aand nie ‘n oog toemaak nie. Die groot trokke wat in die nag hier verbyry, maak ‘n verskriklike lawaai as hulle oor die gate ry en meer as een kar se bande is al hier afgeskryf”, sê hy terwyl hy die mengsel van sand en sement met ‘n graaf in ‘n emmer skep. Die middagson help ook nie om sy taak ligter te maak nie, maar hy vee die sweet net doodluiters van sy gesig af.

Hy kry so ‘n skalkse glimlag wanneer hy vertel dat een van die verbygaande motoriste hom ‘n R200 noot in sy hand gestop het. “Dit wys jou net hoe desperaat is die mense dat die paaie herstel moet word”, sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button