News

Omgeehande maak ’n verskil vir plaaslike DBV

Kom jy by Parys Dierebeskermingsvereniging (DBV) perseel in die dorp se nywerheidsgebied, is dit meer as net die silwerskoon perseel en hokke wat jou opval. Hier beleef jy die opregte omgee en liefde van mense wat dag na dag na die diere omsien. Maar dit is vrywilligers wat die hande van die personeel versterk. Daarvan …

Kom jy by Parys Dierebeskermingsvereniging (DBV) perseel in die dorp se nywerheidsgebied, is dit meer as net die silwerskoon perseel en hokke wat jou opval.
Hier beleef jy die opregte omgee en liefde van mense wat dag na dag na die diere omsien.
Maar dit is vrywilligers wat die hande van die personeel versterk.
Daarvan kan die Parys DBV getuig, want dit is hierdie vrywilligers wat gereeld hand bysit wat dit moontlik maak om daagliks met die honde te kan speel in ‘n netjiese afgebakende gedeelte by die hokke.


Daar word selfs met elkeen van die honde gestap om seker te maak dat die honde die nodige aandag kry en nie heel dag ingeperk word in hokke nie.
Ure se omgee van vrywilligers sonder vergoeding.
Ander weer help verf, brei jassies vir die viervoete vir die winter, of dra by op vele ander maniere om die las op personeel wat ‘n wye area moet bedien, te help verlig.
So het twee vrywilligers, Michael Keefer en Kirsten Kusel, selfs op oujaarsaand tot na midderdag by die diere gebly om seker te maak dat hul rustig en veilig sou voel, terwyl personeel letterlik hul hande vol gehad het om aandag te gee aan die talle verlore of beseerde diere wat in die strate gekry is en na wie omgesien moes word.
Die twee is van Howick en het vir hul ouers kom kuier toe daar besluit is om te kom hand bysit by die DBV.
Nog twee vrywilligers Lindley van Greunen van Parys, en haar niggie Amy van Rensburg van Rustenburg, het oor die Desember-vakansie kom uithelp saam met plaaslike skoliere.
Waar ookal hul nodig was, het dié vrywilligers gehelp.
Die DBV lewer waardevolle werk in jou gemeenskap en met net jou tyd en jou gewilligheid om iets in jou gemeenskap te doen, kan ook jy hier ‘n verskil maak.
Al wat nodig is, is ‘n vorm wat vrywilligers moet invul en ‘n affidavid wat dan by die DBV ingehandig moet word.
Daar is geen vergoeding vir vrywilligers nie, net die wete dat jy iets vir hierdie diere beteken.

Related Articles

Back to top button