NewsNews

Blitspatrollie wond twee in V’niging skietery

Blitspatrollie wond twee in V’niging skietery

VEREENIGING. – Twee vermeende rowers is Sondagmiddag in die Sebokeng hospitaal met skietwonde opgeneem nadat ‘n gewapende rooftog in die middestad skeefgeloop het. Flink optrede deur die Sedibeng Blitspatrollie het tot die arrestasie van drie verdagtes gelei. ‘n Vierde verdagte het te voet weggekom. Die rowers het ‘n besigheid in George straat beroof, waarna ‘n skietery tussen die polisie en rowers plaasgevind het.

Polisie op die misdaadtoneel nadat rowers in ‘n gewapende roof vasgetrek is. Foto’s: Ettienne van Rensburg

‘n Groot skare het digby die toneel saamgedrom.

Related Articles

Back to top button