NewsNews

Parys hou weer Blikkiesfees

Parys hou weer Blikkiesfees maar met 'n verskil

Parys hou weer Blikkiesfees, maar dié keer met ‘n verskil. Die tema is, “‘n Blikkie vir ‘n Boer!”
“Ons is vreeslik opgewonde om ons deel te doen vir ‘n bydrae waar die nood druk,” sê die organiseerders.
Selfs motorfietsklubs word betrek in samewerking met Sakkie Gelderblom vir ‘n sogenaamde “blikkie run”.
Die plan is om ‘n blikkie-piramide te bou om ‘n nuwe rekord op te stel vir die meeste blikkies nie-bederfbare voedsel. Die blikkies sal versprei word na boere in van die ergste droogtegeteisterde gebiede in ons land, in samewerking met Burre Burger van die Noord Kaap Noodhulpfonds.
Die feesdatum is alreeds om die draai. Maak seker jy’s daar op 29 Februarie van 09:00 tot 18:00 op die kerkterrein van die Hervormde Kerk, Parys (h/v Loop- en Paulsenstraat).
Die toegang is R30 vir volwassenes plus ‘n blikkie nie-bederfbare kos, terwyl kinders gratis ingaan en net ‘n blikkie kos moet saambring.
Die Magalies Boere-orkes sal onder meer die dag optree, asook Reinhardt Venter wat ook verlede jaar met die fees hier gehoor is. Ander kunstenaars vir die dag sal later deurgegee word.
Kom smul aan heerlike basaarkos en daar sal selfs ‘n biertuin op die terrein wees vir die dorstige kele.
Ander kerke gaan ook genader word om deel te neem aan die projek, en belangstellende borge wat ‘n bydrae wil lewer tot die dag is welkom om Gerhard by 082 436 0501, of Hester by 084 516 9447 te skakel.
Kom ons maak van dié fees ‘n groot sukses om ook so uit te reik na boere in nood.

Related Articles

Back to top button