News

Voeg hierdie op jou ‘bucket list’

Voeg hierdie op jou ‘bucket list’

Dit is ‘n nuwe jaar propvol nuwe uitdagings en danksy Mosselbaai is daar eersdaags nog iets wat jy op jou “bucket list” kan byvoeg – die langste glykabel (zipline) oor die see ter wêreld.

Die nuwe hoogtepunt vir avontuurlustiges wat binnekort sy deure oopmaak vir die publiek, is ‘n 1 100m glykabel wat adrenalienverslaafdes teen sowat 80 km/h oor die water gaan laat gly. Die pret  begin vanaf die kranse by die Van Riebeeck-stadion tot langs die Shark Lab-akwarium onder by die Poort strek. Die nuwe “thrill” sal jou sowat R450 uit die sak jaag, maar daar sal so af-en-toe glo spesiale pakkette beskikbaar wees.

Ongelukkig mag geen swanger vroue en kinders onder die ouderdom van ses jaar die glykabel gebruik nie. Daar is ook ‘n gewigsbeperking van 120kg. Wat ons hieruit leer is … begin solank spaar en dieet.

Hier kom groot pret! Doer bo is die beginpunt van die nuwe, langste glykabel oor see wat binnekort in Mosselbaai afskop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button