News

Brug by Stonehaven – is daar ‘n gevaar?

Brug by Stonehaven – is daar ‘n gevaar?

 

Vaalweekblad het die afgelope week tientalle navrae van bekommerde lesers ontvang nadat foto’s van krake in die brug langs Stonehaven in Vanderbijlpark, op verskeie Facebook-blaaie versprei is. Die foto’s toon opsigtelike krake – maar is daar regtig ‘n dreigende gevaar?

Vaalweekblad het die eienaars van Stonehaven oor die toestand van die brug gekontak om te verneem of hulle reeds ondersoek daarna laat instel het.
Volgens mev. Rosemary Anderson het sy en haar man, Rex, reeds in Februarie verlede jaar (2019) besluit om die Gautengse Paaie-departement oor die krake in te lig. Die Paaie-departement het vinnig gereageer en ‘n deeglike ondersoek is etlike dae later deur ‘n strukturele ingenieur, wat spesiaal van Pietermaritzburg af ingevlieg is, gedoen.

Die bevinding was dat die brug veilig en stewig is en dat die krake geen invloed op die standvastigheid van die brug het nie. Daar is wel bevind dat die brug algemene instandhouding benodig, waarvoor die Gautengse Provinsiale Regering glo in die nuwe boekjaar begroot het.

Vaalweekblad is in die proses om ‘n verslag oor die ondersoek en bevindings aan te vra en sal mettertyd deeglik daaroor verslag doen.

Foto’s van die krake in die brug langs Stonehaven, wat die afgelope week deur bekommerde lesers op Facebook gedeel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button