NewsNews

Sy kon mense om haar laat lag

Ons gaan jou mis

Die gemeenskap van Vredefort gaan die glimlaggende gesiggie van Juané Greeff ongelooflik baie mis. ‘n Gemeenskap waarin hierdie dogtertjie klein soos wat sy was, duidelike spoortjies gelaat het.
Klein Juané is Donderdagmiddag 9 Januarie net na 17:00 oorlede na ‘n frats motorongeluk op die gesin se plaas, Mooihoek, in die Vredefort-distrik.
Sy sou op 12 Februarie 2 jaar oud gewees het.
Juané was ‘n besondere klein dogtertjie wat so klein soos wat sy was, ‘n natuurkind was. Sy was deel van alles wat op die plaas gedoen is en het ‘n besondere liefde vir diere gehad het.
Sy het mense om haar laat lag en diep in baie harte gekruip met die kinderlike vreugde waarmee sy kon huppel in die grootheid van Sy skepping.
Ons opregte en innige medelye met haar ouers, past. Juan en Jani Greeff van die AGS gemeente in Vredefort, en haar familie wat die herinneringe aan haar koester.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button