
Ina Dos Santos wat vir 14 jaar moedig ‘n stryd teen kanker gestry het, is op 18 Desember in die ouderdom van 62 jaar in ‘n hospitaal in Benoni oorlede.
Die roudiens is op 27 Desember vanuit die AGS Sion-gemeente gehou.
Ina was vir jare baie nou betrokke by haar man, Tony, se onderneming, IT Enterprises.

Sy was ook besonder kunstig met funksie-dekor, en het met haar positiewe ingesteldheid en glimlag talle kankerpasiënte wat haar lewenspad gekruis het, bemoedig.
Ina word oorleef deur haar man, Tony, en broer, Koos Pieterse. Innige medeleye met die familie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



