Sekere dele van Potchefstroom was gister (9 Januarie) vir ‘n verdere vier ure in die donker gelaat nadat geskeduleerde beurtkrag gestaak is.
‘n Groot storm wat op die stad neergesak het, het probleme met die elektrisiteitstoevoer veroorsaak. LimaTac het op hulle Facebook blad ‘n video gedeel van ‘n kragboks wat glo deur weerlig getref is en aan die brand geslaan het.
Die kantoor van die burgemeester het ‘n verklaring uitgereik wat verduidelik dat die sterk winde ook ‘n groot rol gespeel het omdat dit een van die toevoerlyne los gewaai het.
Die krag na Mohadin, Promosa, die Bult, Sentraal, Miedderpark en Suiddorp het teen ongeveer 20:30 weer aangekom.
Verskeie inwoners het die munisipale beamptes van die elektrisiteitsafdeling bedank vir die werk wat hulle in moeilike omstandighede gedoen het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Support local journalism
Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.
Liezl Scheepers
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.