NewsNews

Drie vas vir veediefstal

Drie vas vir veediefstal

Drie mans is onderskeidelik Saterdag en Sondagoggend op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Een van die mans is in Klerksdorp en die ander twee in Ventersdorp in hegtenis geneem.

Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, was die polisie in Ventersdorp Sondagoggend met ‘n patrollie besig. ‘n Verdagte bakkie met nege skape agterop is in die dorp voorgekeer en deursoek.

“Die verdagtes kon nie rekenskap vir die polisie gee oor waar die skape vandaan kom nie. Albei, onderskeidelik 51 en 29 jaar oud is in hegtenis geneem. Hulle behoort op 7 Januarie in die Ventersdorp landroshof te verskyn.

In ‘n aparte voorval is Vuyisile Mayegiso (26) op R800 borgtog vrygelaat nadat hy in Klerksdorp op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die hof verskyn het. Mayegiso is Saterdagaand (4 Januarie) in hegtenis geneem nadat ses skape in sy besit op ‘n plot naby Klerksdorp gevind is.

“Verdere onderoek het gewys dat dié ses skape deel van ‘n groter kudde op ‘n plaas tussen Klerksdorp en Wolmaranstad is,” het Myburgh gesê.

Die provinsiale kommissaris, Lt. Gen. Sello Kwena het die polisiebeamptes bedank vir hulle goeie werk. Hy het boere gemaan om hulle diere te merk.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button