News

Groot chaos met bome en krag na storm

Harde werk lê voor vandag

Jan publiek, vrywilligers en die munisipaliteit se tegniese afdeling staan behoorlik bont om die skade te herstel na die storm wat gisteraand met na 20:00 die dorp getref het.

Verskeie bome is omgewaai waarvan 1 op n bakkie in Gradwellstraat geval het. Kragdrade is afgeruk, lamppale en kragpale het omgewaai of hang skeef en staan nog net op genade soos in St Janstraat.

In Ortleppstraat is n substasie se dak afgewaai en word daar steeds gestoei om bome af te saag en te verwyder wat geval het in Wesstraat, Conroystraat, Esplenade en President Steynstraat.

Dele van die dorp is ook as gevolg van die skade nog sonder krag. Dit tesame met beurtkrag en die dorp se eindelose waterprobleme sal beslis sorg vir n dag van uitdagings.

In Wesstraat tussen Tweede en Derdelaan het die Du Plessis familie ingespring om inwoners te help met n boom wat hier geval het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button