Skerp jou fotografievernuf op in 2020
Skerp jou fotografievernuf op in 2020
Die klub bied ook binnekort weer sy gewilde Beginnerskursus aan. Hierdie kursus strek oor vier dae en word met kursusgangers se eie kameras gedoen sodat hulle leer hoe om hul eie toerusting die beste te benut. Die kursus word op 22 & 23 Februarie en 28 & 29 Maart van 08:30 tot 16:00 by die Kliprivier Country Estate in Drie Riviere, Vereeniging aangebied en beloop R3 000. Daar is slegs beperkte hoeveelheid plek vir die kursus beskikbaar.
Die kursus sluit ook koffie/tee en beskuit in die oggende, en ‘n ligte middagete in. ‘n Volledige stel kursusnotas sal aan kurusgangers voorsien word.
Kontan Henk Scheepers by 072 260 0513 of Johan Brits by 082 718 8394.
‘n Landskapfoto deur klublid Renee Storme.





