NewsNews

Man ernstig beseer weens weerlig

Die Vaal en Gauteng ervaar die afgelope tyd heelwat donderstorms en stortbuie, en hoewel almal dankbaar is dat die Vaaldam daardeur weer voller word, word mense gewaarsku om veiligheidsbewus te wees tydens donderstorms. ‘n Vyftigjarige man was gistermiddag gelukkig om die dood vry te spring toe hy tydens so ‘n donderstorm indirek deur weerlig getref …

Die Vaal en Gauteng ervaar die afgelope tyd heelwat donderstorms en stortbuie, en hoewel almal dankbaar is dat die Vaaldam daardeur weer voller word, word mense gewaarsku om veiligheidsbewus te wees tydens donderstorms.

‘n Vyftigjarige man was gistermiddag gelukkig om die dood vry te spring toe hy tydens so ‘n donderstorm indirek deur weerlig getref is.

Noodpersoneel van ER24 is omstreeks 16:00 na die toneel ontbied waar die man saam met sy gesin onder ‘n gazeebo by die hotel in Boksburg gaan uiteet het, toe die weerlig die area naby hulle getref het. Die man het brandwonde aan sy been en ander ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Die heel belangrikste stap wat geneem moet word tydens ‘n donderstrom gepaardgaande met weerlig, is om nie daarna te staan en kyk nie. Maak nie saak hoe mooi dit vir jou is nie, gaan binnehuis en bly weg van vensters, oop deure en die stoep. As dit moontlik is, maak sluitervensters toe of  ten minste die blindings of gordyne. Moet ook nie tydens ‘n donderstorm gaan bad of stort nie, aangesien metaalpype elektrisiteit kan aanvoer as jou huis deur weerlig getref word.

As jy buite is, moet onder geen omstandighede skuiling onder ‘n boom gaan soek nie. Soek eerder skuiling in ‘n gebou, motor of vragmotor. As jy nie binne ‘n veilige gebou of voertuig kan kom nie, soek skuiling in ‘n laagliggende gebied en bly weg van hoë bome en metaalpale. Vermy ook om op iets metaal te ry soos ‘n fiets of gholfkarretjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button