NewsNews

Talle honde en katte wag vergeefs op hul eienaars

DBV-hokke vol na vuurwerk-verskrikking

Die gevolge van oujaarsaand vuurwerke is nog lank nie verby nie. By die Parys DBV is daar tans 46 honde en 19 katte – tot 80% hiervan diere wat op oujaarsaand verward en verlore in die strate gekry is.
Die hartseer is dat van hierdie honde net twee se eienaars tot dusver opgespoor kon word – een wat ‘n mikroskyfie gehad het, en ‘n ander wat vroeër deur iemand by die DBV aangeneem is en wie se nuwe eienaar net die dag tevore sy halsbandjie afgehaal het omdat dit té klein geword het.
Gelukkig vir dié hondjie het DBV-personeel en vrywilligers hom onthou en kon sy eienaar so opgespoor word.
Maar nie een van die ander honde en katte wat gekry is het enige idenfikasie om hul eienaars op te spoor nie. Geen halsbandjies met naamplaatjies, of mikroskyfies nie.
Die hartseer is dat dit die kans om hulle weer met hul eienaars te herenig baie skraal maak. Intussen plaas die vol hokke ‘n geweldige finansiële las op die DBV wat reeds ‘n worstelstryd voer om oorlewing.

Hierdie is maar net enkele van die honde wat wag op hul eienaars. Honde wat met die klapper-verskrikking weggehardloop het, maar wat geen identifikasie het om hulle weer met hul eienaars te herenig nie.

 

Mense wie se troeteldiere vermis word moet asseblief by die DBV ‘n draai maak of hulle skakel by (056) 811 3671. Dalk is jou viervoet-vriend een van hierdie diere wat nou deur liefdevolle hande by die DBV versorg word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button