NewsNews

Plaasmoorde neem toe

Plaasmoorde neem toe

Volgens statistiek word die bloedbad van plaasaanvalle meer! Henry Geldenhuys, adjunkpresident van die landbouorganisasie TLU SA sê dat volgens hul statistieke was daar gedurende 2019, 409 plaasaanvalle teenoor die 395 plaasaanvalle in 2018, in dieselfde tydperk 56 moorde op plase tenoor 53 van vorige jaar. Hy gaan egter voort deur melding te maak dat die syfers selfs hoër kan wees, aangesien Desember nog nie verby is nie.

Daar was glo op Kersdag plaasaanvalle Harding, KwaZulu-Natal (waar ’n boer met ’n mes aangeval is), in Kakamas, Noord-Kaap (waar ’n gesin aangeval is), asook in Bapsfontein, Gauteng (waar ’n boer aangerand is).

“Dit is die regering se grondwetlike verantwoordelikheid om na die veiligheid van al sy landsburgers om te sien,” sê Geldenhuys. Hy verwag selfs ’n groter aanslag op georganiseerde landbou in 2020.

“Die werkloosheidsyfer is reeds geruime tyd onaanvaarbaar hoog en met die regering se totale onvermoë om vure by Eskom en die SAL dood te slaan, sal net meer mense binnekort hul poste kwyt wees, wat die druk verder verhoog.

“Die onteiening sonder vergoeding-kwessie hang ook soos ’n swaard oor boere se koppe. Om al die uitdagings die hoof te bied het TLU SA reeds hande gevat met AgriSA en nooi ons ook ander organisasies, selfs dié buite die landboubedryf, uit om by ons aan te sluit om ’n verenigde front ten opsigte van veiligheid te vorm en sodoende ’n verskil te maak,” sê Geldenhuys.

  • Daar is die afgelope tyd meer gevalle waar boere terug baklei en hulself met vuurwapens teen misdadigers verdedig. Daar is ook ’n verbetering in die organisering van veiligheidstrukture op plase, maar boere word steeds aan hul eie genade oorgelaat en word dus steeds aangeraai om by gemeenskapsveiligheidstrukture betrokke te raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button