
Die liggaam van die tweede man wat Saterdagmiddag 28 Desember by die Mimosa Tuine in Parys verdrink het, is net na 10:00 vanoggend uit die Vaalrivier gehaal deur polisieduikers van Bloemfontein en Welkom.
Die ander liggaam is reeds Sondagoggend deur die polisieduikers gekry.

Die tragesie toneel by die Mimosa Tuine waar twee mans die naweek verdrink het. Op die foto is a.o. Jan le Roux saam met van die polisieduikers.
Die mans wie albei van Parys was, het Saterdagmiddag laat verdrink nadat die kano waarin hulle gery het, omgeslaan het, en hulle nie daarin kon slaag om uit die water te kom nie.
Dankie aan Parys SAPD, K9 Sasolburg, die polisieduikers, We Care en almal wat hulp en ondersteuning op die toneel verleen het.
Ons innige medelye met die betrokke families.
Hierdie was reeds die derde verdrinking sedert begin Desember in Parys. ‘n Jong seun het vroeg in Desember in die Vaalrivier by die hangbrug verdrink.





