NewsNews

Tweede liggaam gekry na tragedie by oord

Tragedie by oord

Die liggaam van die tweede man wat Saterdagmiddag 28 Desember by die Mimosa Tuine in Parys verdrink het, is net na 10:00 vanoggend uit die Vaalrivier gehaal deur polisieduikers van Bloemfontein en Welkom.

Die ander liggaam is reeds Sondagoggend deur die polisieduikers gekry.

Die tragesie toneel by die Mimosa Tuine waar twee mans die naweek verdrink het. Op die foto is a.o. Jan le Roux saam met van die polisieduikers.

 

Die mans wie albei van Parys was, het Saterdagmiddag laat verdrink nadat die kano waarin hulle gery het, omgeslaan het, en hulle nie daarin kon slaag om uit die water te kom nie.

Dankie aan Parys SAPD, K9 Sasolburg, die polisieduikers, We Care en almal wat hulp en ondersteuning op die toneel verleen het.

Ons innige medelye met die betrokke families.

Hierdie was reeds die derde verdrinking sedert begin Desember in Parys. ‘n Jong seun het vroeg in Desember in die Vaalrivier by die hangbrug verdrink.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button