We Care waarsku inwoners om versigtig te wees met verskeie slange wat die afgelope paar weke in die dorp gevang moes word. Hieronder tel ‘n rinkhals wat Vrydagmiddag in ‘n erf in Vierdelaan gekry is, ‘n pofadder wat verlede week gekry is, en ‘n Kaapse Kobra wat die week tevore gevang is. Aldrie baie giftig.
Dan was daar ook minstens vyf bruin huisslange wat gevang is.
Dit is veral na die reën en met baie mense wat nou hul erwe skoonmaak en bourommel verwyder, dat dié adders kop uitsteek.




Hoewel nie al die slange wat gekry is, inheems is aan hierdie gebied nie, moet onthou word dat slange soms onder meer saam met vragte of op ander maniere in ‘n gebied kan inkom.
Hier is van die inligting wat jy in gedagte kan hou van van die slange wat die mees algemeenste hier voorkom.












