NewsNews

Te veel kundiges verlaat SA

Te veel kundiges verlaat SA

Suid-Afrika se swak ekonomie, die staat se onvermoë om werksgeleenthede te skep, die omstrede arbeidswette wat teen blankes diskrimineer en die toenemende misdaad en geweld veroorsaak dat gekwalifiseerde landsburgers die land verlaat.

Volgens agentskappe is daar ‘n toename in mense met goeie gekwalifiseerde beroepsrigtings wat hulle na die buiteland begewe. Daaronder tel veral ingenieurs, dokters, regsgeleerdes wat uitwyk na Amerika, Europa en Australasië (Australië en Nieu-Seeland). Volgens die agentskappe het hulle hierdie jaar sowat 40% meer aansoeke hanteer as verlede  jaar. Dit veroorsaak ‘n tekort aan goeie werkerskorps in Suid-Afrika. Vaardigheid  is van uiterste belang vir SA.

Selfs die vakbond Numsa het dit nou na 25 jaar besef. Dit is volgens hulle ook belangrik dat daar geen vervanger vir kundigheid is nie en het ‘n beroep gedoen om ’n span deskundiges in samewerking met die vakbonde, saam te stel om Eskom van ondergang te red.

Die kundiges sluit glo ‘n lys van sowat 350 ingenieurs in wat terug na SA gebring moet word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button