BlogsOpinions

Vrydag blues

Die naweek is hier!

 

LiewePersoon

In die dae toe ek nog op skool was, het ons regte-egte LO gehad of is dit nou gehaat? (laasgenoemde is myns insiens meer gepas). LO menende Liggaamsopvoeding.

Ons moes altoos elke week vir een of twee periodes in die reeds beknopte skoolbadkamer inhardloop, van ons groen skoolrokke ontslae raak en soos blits ‘n kortbroek en t-hemp aan ons bas kry. Dan het almal op die rugbyveld bymekaar gekom. Ons LO-juffrou het op ‘n druppel na Michelle Bruce – Mej SA 1989, gelyk met sulke spiral-perm hare, ‘n scrunchy en een van daai sweetpakke wat van valskerm materiaal gemaak was.

Daar was altyd die atlete – met die bruingebrande bene, die ‘cool’-girls met die geverfdetoonnaels (en per geleentheid ‘n toonring) endan… dan was daar Annette. Dit het permanent gelyk of ekoppadmelkstal toe was – so wit was my bene. Maar ditdaargelaat.

Dan moes daar spanne gekies word. Ek was toentertyd al bekend vir my gebrekkige hand-oog-koördinasie, met die gevolg dat ek altyd laaste gekies is. LO-periode was ook ‘n ewigheid lank…. en van al die gehollery en rondspringery en bal mis vangery het ek kort voor lank soos ‘n verstekeling op ‘n vragskip gesweet…

Ek onthou tot vandag toe hoe my longe gebrand het en my mond so droog was dat ek my wange krummels gebyt het!  Vrydae-oggende is baie soos die wete dat die LO-periode nog net een klok ver is: jy moet deurdruk, hyg-en-sweet en per geleentheid jou skoenveters vastrap MAAR as dit verby is, dan is jy verlos vir ‘n week!

Die naweek is hier!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button