NewsNews

Januarie-brandstofpryse – dit is wat jy kan verwag

Januarie-brandstofpryse - dit is wat jy kan verwag

Brandstofpryse vir Januarie sal Woensdag 1 Januarie aangekondig word, en die verwagting is dat dit verbruikers ‘n bietjie meer of minder sal kos, afhangend van of jy ‘n petrol- of dieselaangedrewe voertuig ry.

Voorlopige aanduidings is dat 95-oktaan petrol 20 sent per liter goedkoper kan word, en 93-oktaan petrol 6 sent goedkoper. Die dieselprys kan egter na verwagting met minstens 10 sent per liter styg, met die risiko van ‘n balansheffing op diesel wat die styging nog groter kan maak.

Dieselpryse kan egter wissel omdat die kleinhandelsprys van diesel nie gereguleer word nie en wissel van vulstasie tot vulstasie.

Die bietjie genade by die petrolpomp is grotendeels as gevolg van die versterking van die rand in Dsember, en is ook die rede hoekom die dieselprys nie nog hoër styg nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button