NewsNews

Januarie-brandstofpryse – dit is wat jy kan verwag

Januarie-brandstofpryse - dit is wat jy kan verwag

Brandstofpryse vir Januarie sal Woensdag 1 Januarie aangekondig word, en die verwagting is dat dit verbruikers ‘n bietjie meer of minder sal kos, afhangend van of jy ‘n petrol- of dieselaangedrewe voertuig ry.

Voorlopige aanduidings is dat 95-oktaan petrol 20 sent per liter goedkoper kan word, en 93-oktaan petrol 6 sent goedkoper. Die dieselprys kan egter na verwagting met minstens 10 sent per liter styg, met die risiko van ‘n balansheffing op diesel wat die styging nog groter kan maak.

Dieselpryse kan egter wissel omdat die kleinhandelsprys van diesel nie gereguleer word nie en wissel van vulstasie tot vulstasie.

Die bietjie genade by die petrolpomp is grotendeels as gevolg van die versterking van die rand in Dsember, en is ook die rede hoekom die dieselprys nie nog hoër styg nie.

Related Articles

Back to top button