News

Harte klop warm vir DBV-nood

Harte klop warm vir DBV-nood

Drie vriendinne, almal groot diereliefhebbers, en ‘n bobaas bakster, het op die vooraand van Kersfees gesorg dat daar ook voorsien word in die nood van die plaaslike DBV wat naas die goedhartigheid van die publiek geen ander inkomste het om ‘n waardevolle diens te kan lewer vir die gemeenskap van Parys.

So is ‘n heerlike vrugtekoek geskenk en in net meer as ‘n week blitsig lootjies verkoop ten bate van die DBV.

Die eindresultaat – ‘n hele R4 000 wat vir die Parys DBV ingesamel is, en Cecile Strong  wat as die gelukkige wenner vandag ‘n heerlike vrugtekoek op die Kerstafel het.

Dankie aan elkeen wat die projek ondersteun het en ook aan die personeel van die DBV wat met groot liefde omsien nie net na verlore en mishandelde diere nie, maar ook talle diere wat elke jaar met Oujaarsaand swaar ly onder die klapperverskrikking van Nuwejaarsvieringe.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button