NewsNews

Boete vir hond-se-kind geskrap

Boete geskrap vir hond-se-kind

Die R1 000 boete wat ‘n verkeersbeampte vir ‘n vrou van Vanderbijlpark geskryf het omdat haar labrador-kruising saam met haar in haar bakkie gery het, is summier geskrap.

Die 53-jarige Santi Venter was behoorlik uit die veld geslaan toe sy Woensdag die verkeersboete gekry het net omdat Pokkel saam met haar in die bakkie na die vulstasie gery het waar sy brandstof wou ingooi en daarna ook voer vir haar diere sou gaan koop het.

Op die R57 naby haar kleinhoewe net buite Vanderbijlpark, is sy afgetrek en vir haar rybewys gevra.

Die verkeersbeampte het om haar bakkie geloop en alles in orde gevind, maar haar toe gevra of sy weet dat dit onwettig is om met troeteldiere in die voertuig te ry.

Ten spyte daarvan dat sy aan die beampte gesê het dat die hond saamry vir haar veiligheid, het die verkeersbeampte voortgegaan om die boete te skryf.

Volgens die boetekaartjie het Venter die padreël 313 (1) van die Nasionale Padverkeerswet (Wet 93 an 1996) glo oortree wat handel oor diere op openbare paaie, maar in dié wet word nie na honde spesifiek vewys nie.

Related Articles

Back to top button