NewsNews

Tiener daag nie op by hof na hy hond se been breek

BLOEMFONTEIN. – Die 17-jarige seun wat hierdie week nasionale skok veroorsaak het na hy ‘n hondjie (Rover) se agterbeen gebreek het om glo te bepaal “hoe sterk hy is” het nie vir sy hofverskyning opgedaag nie. Rover se linker-agterbeen moes intussen geamputeer word. Die polisie het die seun by sy ouerhuis gaan soek, maar hy …

Rover se linker-agterbeen moes intussen geamputeer word.
Die polisie het die seun by sy ouerhuis gaan soek, maar hy kon nie opgespoor word nie.

Volgens die DBV-inspekteur wat Sondagaand op die histeries-huilende, bloeiende Rover in Bayswater aan die noorde van Bloemfontein afgekom het, was die fraktuur eenvoudig te erg en daar was geen ander keuse nie.

Intussen het Rover se nagmerrie-ondervinding nasionale verontwaardiging veroorsaak. Die DBV was die afgelope week oorval met oproepe van belangstelling en ondersteuning.  Danksy mense se betrokkenheid kon Rover se veearts onkoste gedek word.

 

Daar is darem ook ‘n gelukkige einde in sig vir Rover (wat reeds goed oor die weg kom op sy drie oorblywende beentjies). Daar was heelwat mense wat aangebied het om Rover aan te neem, maar die top-kandidaat is ‘n vrou van Pretoria.

Die DBV het gese dat die deurslaggewende faktor in haar aansoek was, dat sy Rover na Onderstepoort sal neem sodat hy ‘n kunsbeen kan kry. Die DBV sal ‘n tuisinspeksie doen voordat Rover se “nuwe lewe” begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button