News

Groenstroke laat inwoners rooi sien

Groenstroke laat inwoners rooi sien

SASOLBURG. – Die voorheen pragtige Vrystaatse dorp wat vir soveel jare (nou lank gelede) gereeld pryse gewen het vir die toestand van die dorp, is nou vir baie inwoners ‘n verleentheid.

Dit is veral die toestand van die groenstroke wat inwoners nou laat rooi sien. Die groenstroke is destyds spesifiek geskep om die areas mooi en ruim te laat lyk. Nou is dit verwaarloos en eintlik gevaarlik om dit behoorlik te benut.

“Kyk hoe lyk dit, wat ‘n gemors en die plaaslike munisipaliteit doen eenvoudig niks daaromtrent nie,” kla mnr. Dereck Combrinck, een van vele inwoners wat graag verbetering wil sien.

Hy het die foto’s van die groenstrook, aangrensend van Van Graan, Fourie en De la Rey geneem en na Vaalweekblad gestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button