NewsNews

Kan jy dit glo – R1 000 boete vir hond op passasiersitplek

Kan jy dit glo - R1 000 boete vir hond op passasiersitplek

VANDERBIJLPARK. – As jy deur ‘n verkeersbeampte afgetrek en beboet word omdat jou hond langs jou op die passasiersitplek sit, begin jy seker rondkyk om te soek waar die kameras weggesteek is want jy dink by jouself dat hierdie net ‘n grap is, en dat jy dalk nou deel van die volgende Leon Schuster-lokettreffer is.

Maar nee, dit was geen grap nie en plaaslike inwoner Santie Venter het sowaar ‘n R1 000 boete hiervoor gekry!

Santie was verstom om te sien dat dit duidelik op die boete staan: “No pets allowed on public road”.

Sy het hierdie boete en die vraag of daar wel so ‘n wet bestaan op Facebook gedeel en die antwoord is: nee, daar is geensins so ‘n wet nie.

Santie het navraag gedoen en die staatsaanklaer het bevestig dat daar nie so ‘n wet is nie en die boete is dadelik gekanseleer.

Ons kan dalk nou almal oor hierdie belaglike boete lag, maar dit moet tog inwoners bekommerd maak oor hoe gekwalifiseerd die plaaslike beamptes is, en of hulle net kwaadwillig redes vir boetes uitdink.

Dit is egter ‘n klap in die gesig vir beamptes wat wel hul poste met trots beklee. Ons kan net hoop dat iemand in die Verkeersdepartement sal besef hoe ‘n slegte beeld so ‘n beampte vir hulle skep en die saak nie net daar laat nie.

  • Hoewel dit nie teen die wet is nie, kan inwoners dalk daarop let dat dit vir die hond se veiligheid beter is om eerder agter in die motor saam te ry. Verkieslik agter die voorste passasiersit plek. As hulle op die voorste passasiersitplek of op die bestuurder se skoot is, kan hulle tydens ‘n ongeluk deur die lugsakke (airbags) doodgedruk word.  Jy sal ook nie dat jou kinders voor langs jou sit sonder ‘n sitplekgordel nie, so moet jy maar ook na die veiligheid van jou viervoetkind omsi
  • en.

    Die R1 000 boete wat plaaslike inwoner Santie Venter gekry het, omdat haar hond langs haar in haar voertuig was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button